Vakansie of permanente verblyf?
Hierdie eiendom is ideaal vir albei geleenthede, dis net vir toesluit en ry!
Dubbelvlak, met 'n oopplan leefarea, kombuis, opwas, gaste toilet en dek met 'n braai op vlak 1. Volle see uitsig vanuit die leefarea en vanaf die dek.
Op vlak 2 is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n vol en-suite badkamer en 'n klein balkon met volle see uitsig.
Op grondvlak is 'n dubbel motorhuis en die ingangsportaal.
Die goedversorgde kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad met braaiplek.
Die eiendom word met meubels verkoop, so u kan dus net intrek en bly!
Maak vandag nog 'n afspraak om te besigtig!