Slegs beskikbaar vanaf 1 Januarie 2027.
Hierdie ruim 3 slaapkamer huis bied benewens die ruim kombuis met baie kaste, 'n groot leefarea met binnebraai geriewe en uitsigte op die Outeniqua berge.
Die eetkamer gedeelte is aangrensend aan die kombuis.
Die kamers bied baie spasie en genoegsame kaste.
Die huis het ook twee vol badkamers met die hoofslaapkamer en-suite.
Voor die die dubbel motorhuis is daar ook 'n dubbel skadunet parkering agter 'n veiligheidshek.
'n "boma" en buite kuier area verseker lekker kuiers gedurende die somermaande.
Die eiendom is gerieflik geleƫ met maklike toegang na Hartenbos se winkelsentrums en skool asook die Garden Walk Mall en N2 hoofpad.
Ekstra kostes :
Koopkrag soos gebruik plus minimum elektrisiteits heffing van R540.00.
Vaste watertarief van R320.00.