Duet huis te huur
Slegs 4 huise in klein kompleks wat gemeenskaplike grasarea deel.
Dubbelvlak huis.
Die grondvlak bestaan uit oopplan leefarea, kombuis en opwas asook die hoofslaapkamer met en-suite wat uitloop op klein balkon met buitebraai gerief.
Die laervlak bestaan uit 3 slaapkamers met 2 badkamers waarvan 1 en-suite.
Groot gemeenskaplike grasperk area word met die aangrensende duet huis gedeel.
Munisipale kostes is vir die rekening van die Huurder. Daar is 'n koopkragmeter.
Troeteldiere:
Omdat die huis self nie omhein is nie en die gemeenskaplike grasperke gedeel word, sal twee klein troeteldiere wat meerendeels in die huis bly, oorweeg word. Die finale goedkeuring sal egter by die Eienaar berus.