Uiteindelik - 2 dubbel motorhuise met 'n moderne 4 slaapkamer huis !!
'n verdere bonus - geen hereregte betaalbaar nie !!! Dit is 'n besparing van ongeveer R410 000.00 !!!
Hierdie moderne siersteen huis bied 4 slaapkamers, 2.5 badkamers en 2 x dubbel motorhuise.
Die huis is goed geleë in die baie gewilde woonbuurt van Menkenkop, Hartenbos.
Die huis bied 'n ruim oopplan leefarea / kombuis met afsonderlike opwas, 'n braai / kuierkamer met geriewe asook 'n oop kuierstoep.
Die kombuis, leefareas asook slaapkamers is modern ingerig en bied baie ruimte.